[caption id="attachment_127925" align="alignnone" width="600"]Foto van winkelsentrum ter illustrasie. Foto: Pixabay Foto van winkelsentrum ter illustrasie. Foto: Pixabay[/caption]

Dit was deel van Amerika se “standaardvoorsorg-aanbevelings aan sy inwoners,” het hy in ’n verklaring gesê.

“Ons bly ’n sterk en stabiele demokratiese land en die waarskuwing hou geen onmiddellike gevaar in nie.”

Amerika het Saterdag in sy waarskuwing gesê dit het inligting ontvang dat radikale Islamitiese groepe aanvalle beplan op plekke waar Amerikaanse burgers byeenkom – soos inkopiesentrums in Johannesburg en Kaapstad – voor die maand Ramadan wat Dinsdag in Suid-Afrika begin.

[caption id="attachment_127922" align="alignnone" width="600"]?Minister David Mahlobo (Twitterfoto: @GautengANC) ?Minister David Mahlobo (Twitterfoto: @GautengANC) [/caption]

Sekuriteitsdienste sou aanhou werk aan sake van “gewelddadige ektremisme en terrorisme” en die veiligheid van alle burgers en bewoners verseker.

News24 verstaan Amerika het die afgelope paar weke met die Suid-Afrikaanse regering geskakel in die aanloop tot die waarskuwing.

Kort nadat die waarskuwing uitgereik is, was daar ’n kortstondige rusie tussen Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, en Patrick Gaspard, die Amerikaanse ambassadeur, oor die waarskuwing.

In ’n twiet Sondag het Clayson die Amerikaanse ambassade in Pretoria gekritiseer en gesê die terreurwaarskuwings veroorsaak “paniek”. Hy het dit later uitgevee.

Clayson het Maandag aan News24 gesê hy staan by die opmerking en vee altyd sy twiets uit.

“Die laaste aanbeveling deur @USEmbassySA aan Amerikaanse burgers in SA wat waarsku van ’n ‘dreigende aanval’ was toe ’n vals alarm. Ek sien daar is ’n ander een,” het die twiet gelui.

Patrick het geantwoord: “Die prys van vryheid is ewige toegewydheid, en deur die genade word ons almal veilig gehou. Die enigste vals noot is arrogansie.”

Clayson het die debat afgesluit deur te antwoord: “Ek sal nie daardie roete met jou volg nie, ambassadeur. U is bewus van my menings oor hierdie aanbevelings en die paniek wat dit veroorsaak.”

Dreigemente moenie ligtelik opgeneem word nie

Die Afrika-direkteur van die Konsortium vir Terrorisme-navorsing en -ontleding (Trac), Jasmine Opperman, sê al klink die waarskuwing absurd, moet die nie ligtelik opgeneem word nie.

Sy het Maandag op die aanlyn nuuswebtuiste Daily Maverick geskryf Trac het nie “spesifieke intelligensie” bespeur “wat op ’n aanval op Suid-Afrika tydens Ramadan dui nie”.

Maar Suid-Afrika word al hoe kwesbaarder vir terrorisme op eie bodem.

“Trac het bevestigde berigte van Al-Shabaab-ondersteuners in Kaapstad, Port Elizabeth en Roshnee, ’n voorstad van Vereeniging; simpatiseerders van die Al-Kaïda-verbonde Jahbaht al-Nusra in Port Elizabeth; en volgehoue werwingspogings deur die Islamitiese Staat in Kaapstad, Durban, Johannesburg, Newcastle en Port Elizabeth.

“In al hierdie gevalle was aktiewe ondersteuners hoofsaaklik betrokke in werwing en finansiële voorsieningslyne, eerder as terroriste-aktiwiteite,” skryf sy.

Johan Burger van die Instelling vir Sekuriteitstudies sê Amerika het ’n verantwoordelikheid om alles in sy vermoë te doen om aanvalle op sy burgers te voorkom, waar in die wêreld hulle ook al is.

Johan sê Suid-Afrika moet probeer vasstel waar die bedreigings vandaan gekom het en wie daaragter was en veiligheid by moontlike teikens verskerp.

“Derdens moet operasionele en ander nooddienste wat so ’n situasie sal bestuur op bystand geplaas word sodat hulle vinnig kan reageer as iets sou gebeur.”

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Elvis Blue slaan asem weg in splinternuwe musiekvideo

Skokaankondiging vir SA Uber-gebruikers

Papegaai sien glo eienaar se moord, herhaal nou sy laaste woorde oor en oor

Skrywer van die inspirerende Vir die Siel-reeks, Susan Coetzer, gee raad vir dié week

Suid-Afrikaners deel hul gunsteling-Afrikaanse woord

Gaan so lag-lag terug werk toe ná kraamverlof

Hoe goed ken jy jou 1933-vertaling van Die Bybel?