Catherine en haar man, prins William, besoek tans die VSA.

Die koninklikes het die sportster Maandagaand ontmoet ná ’n basketbalwedstryd tussen die Cleveland Cavaliers en Brooklyn Nets. Hulle het ’n kostelike basketbaltruitjie by LeBron gekry.

Maar baie Britte was ontstig oor die foto, want dit is swak etiket om aan ’n koninklike te raak.

Al noem die monargie se webtuiste daar is geen “amptelike gedragskode” wanneer die publiek koninklikes ontmoet nie, word dit in die algemeen verstaan die publiek mag nie aan ’n koninklike raak of met hulle praat nie, tensy hulle eerste aan jou raak of met jou praat.

Die Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama, het in 2009 ook hierdie nieamptelike reël verbreek toe sy haar arm om Koningin Elizabeth II sit.