“Ek kan nie sê wie dié bekende is nie, want ek moes ’n vertroulikheidskontrak teken,” skryf Charlie Harry Francis op sy blog, lickmeimdelicious.com.

“Dit is die vreemdste versoek wat ek nog gekry het,” skryf hy.

Elke porsie van die blou roomys, wat Charlie sommer The Arousal gedoop het, bevat 25 mg Viagra en ’n bietjie sjampanje vir ekstra skop.

“Ek kan wel sê die persoon was baie gelukkig met die eindproduk.”

– Christiaan Boonzaier