Min het Toya Graham geweet sy gaan binnekort ’n internetsensasie word en wêreldwyd geprys word vir haar streng ouerskapstyl.

Haar seun, Michael, het aan die betoging deelgeneem uit teenkanting teen polisiegeweld nadat ’n 25-jarige man, Freddie Gray, in April vanjaar weens sy beserings gesterf het nadat hy in polisieaanhouding was. Geweld het die afgelope paar dae in dié stad in die deelstaat Maryland uitgekring en Toya het gesê sy is vasbeslote dat haar seun nie ook ’n statistiek word soos Freddie Gray nie.

“Is hy ’n perfekte kind? Nee. Maar hy is myne,” het sy aan CBS gesê.

“Ons het oogkontak gemaak en toe dink ek nie eens aan kameras nie. Dis my enigste seun daai.

“Is hy ’n perfekte kind? Nee. Maar hy is myne,” het sy aan CBS gesê.

Die ma van ses sê haar seun het geweet hy is in die moeilikheid toe sy aangeloop kom.

“En toe neem my emosies net oor. Ek was geskok en ek was kwaad, want jy wil nie jou kind so iets sien doen nie.”

Kyk hier na die video:

Wetstoepassers in Baltimore het haar geprys en gesê daar moet meer sulke ouers wees. Sy is op sosiale media as Ma van die jaar bestempel.

Bronne: CBS. Twitter, Daily Mail