Die Amerikaanse komediant Sy het die afgelope week die derde keer ’n baie onsmaaklike grap gemaak oor hom en sy oorlede meisie, Reeva Steenkamp.

Sy het dit gedoen in haar program, Fashion Police, wat op DStv se E! Entertainment uitgesaai word, deur te verwys na die rooi verlengstukke waarmee die popster Christina Aguilera by die VH1-musiekprysaand opgedaag het.

“Die laaste keer dat ek ’n blondine met rooi strepe in haar hare gesien het, het sy op Oscar Pistorius se badkamervloer gelê,” het Joan gesê.

Dit is nie die eerste keer dat sy grappe oor die tragiese skietvoorval maak nie.

In April het sy die sanger Kat Graham se uitrusting gekritiseer en gesê: “Kat se uitrusting is so ’n slegte idee op die skaal van slegte idees dat dit val tussen trou met Charlie Sheen en Oscar Pistorius se badkamer gebruik.”

Vroeër vandeesmaand het sy ook ’n grap ten koste van Oscar gemaak toe sy die ster Garcelle Beauvais se skoene kritiseer.

“Daardie skoene! Ek het laas sulke slegte skoene gesien toe Oscar Pistorius getuiebank toe waggel.”

Bronne: Channel24, IOL.co.za