’n Dorp in Louisiana wil klaarspeel met mense wie se broek te ver onder hul middellyf hang.

’n Wet kan binnekort kom nadat die raad in Terrebonne Parish 8:1 ten gunste van ’n verbod op afgesakte broeke gestem het. Oortreders gaan waarskynlik met boetes en gemeenskapsdiens gestraf word.

“Daar is niks goeds aan mense wat hul broek so laag dra nie,” het Jerome Boykin, die voorsitter van Terrebonne se tak van die National Association for the Advancement of Colored People (NAACP), gesê.

“Dis nie ’n swart probleem nie. Dis nie ’n wit probleem nie. Dis ’n mense-probleem.”

Eerste oortreders sal met R450 beboet word. Dié wat weer oortree, sal R900 betaal en 16 uur gemeenskapsdiens moet doen.

- Bang Showbiz