[caption id="attachment_116591" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Wikipedia Foto ter illustrasie: Wikipedia[/caption]

Die geval behels ’n individu van die distrik Dallas wat in ’n ander land waar die virus voorkom seksuele kontak gehad het met iemand wat die virus onder lede het.

Lees ook: Dit is wat jy oor die Zikavirus moet weet

Owerhede van die deelstaat Texas het geen ander besonderhede oor die individue bekendgemaak nie buiten om dit duidelik te maak die oorspronklike oordrag het buite Amerika plaasgevind.

Tot nou toe het gesondheidsbeamptes op muskiete gefokus as die hoof-oordraer van die virus. “Noudat ons weet die Zika-virus kan deur seks oorgedra word, versterk dit ons veldtog om die publiek daaroor in te lig om hulself en ander te beskerm,” het Zachary Thompson, direkteur van gesondheid en menslike dienste in die distrik Dallas, gesê.

Lees ook: Gevalle van breinvliesontsteking in Mosselbaai styg tot 33

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en ander openbaregesondheidsowerhede is besorg oor die Zika-virus, want dit veroorsaak vermoedelik die geboorteafwyking mikrokefalie deur die oordrag van ma na kind. Babas wat met mikrokefalie gebore word, het ’n ongewoon klein kop en brein. By volwassenes is die simptome van die virus taamlik gering. Dit sluit in koors, uitslag, gewrigspyn en ontsteking van die bindvlies van die ooglid. Die simptome duur van verskeie dae tot ’n week.

Maandag het die WGO die Zika-virus tot ’n openbaregesondheidskrisis verklaar. Brasilië, die land wat die ergste geraak is, sal internasionale bystand kry om die uitbreking en verspreiding van die virus te bestry.

Bron: News24