Volgens wat berig word, het Dirk dié versugting uitgespreek omdat hy 35 jaar gelede laas die see gesien het. Margery Meijerink van ER24 in Newcastle sou alles in haar vermoë doen om sy wens te vervul. Die weer het egter nie saamgespeel nie en haar planne in die wiele gery. Maar sy het nie tou opgegooi nie. Sy het Jannes Prinsloo, die Durbanse takbestuurder van ER24, genader en hom van Dirk se wens vertel. Toe Dirk Dinsdag weer per ambulans na Newcastle teruggeneem is, het Lucas Nzimande en Shaun Naidoo van ER24 Durban seker gemaak hy keer nie teleurgesteld na Newcastle terug nie.

Hulle het hom uit die ambulans gehelp, seker gemaak hy is gemaklik en hom op die draagbaar tot op ’n plek gestoot waar hy die Indiese Oseaan kon sien.

Wat ’n wonderlike gebaar! Dis mense soos Margery, Jannes, Lucas en Shaun wat jou net weer laat besef hoeveel spesiale mense daar in Suid-Afrika is.