Die 28-jarige sangeres en aktrise se liedjie Casino stel haar indrukwekkende stem en rap-talent mooi ten toon. Haar medeskrywer Gene Noble is ook betrokke by dié snit. Amber het ook ’n weergawe van Leave the Light On, die liedjie wat sy geskryf het vir die Brits-Ierse groep The Saturdays daarby ingesluit. Hoe dink jy? Moes Amber die liedjie vir haarself gehou het?

Amber se bestuurder is Scooter Braun, wat Justin Bieber ontdek het. Ons sien uit na haar debuutalbum.

http://www.youtube.com/watch?v=6V3fcUrmVkA

http://www.youtube.com/watch?v=OmW7oActaKl