Die voormalige paartjie het in Augustus ’n ooreenkoms bereik om hul bitter egskeidingstryd van drie maande te beëindig nadat Amber vir Johnny daarvan beskuldig het dat hy haar regdeur hul huwelik van 15 maande verbaal en fisiek mishandel het.

Amber (30) het daarna planne aangekondig om die geld wat hy ingestem het om te betaal tussen twee liefdadigheidsorganisasie – die American Civil Liberties Union (ACLU) se eenheid teen huishoudelike geweld en die Kinderhospitaal van Los Angeles – te verdeel.

Lees ook: Johnny Depp en Amber Heard maak skokaankondiging

Maar dit het verlede maand uitgekom dat beamptes van die organisasies nog nie enige verdere geld ontvang het ná die aanvanklike tjek van R2,7 miljoen ($200 000) wat die Pirates of the Caribbean-akteur direk na hulle gestuur het nie.

Amber se prokureur, Pierce O'Donnell, het gesê die papierwerk om die egskeiding te finaliseer moes teen 4 Desember deur albei partye onderteken wees, wat sou beteken dat die res van die geld aan die liefdadigheidsorganisasies betaal sou word, maar dit lyk of daar ’n oponthoud in die regsproses was.

Die aktrise wat in die fliek The Danish Girl was, het Woensdag ’n versoek by die hooggeregshof in Los Angeles ingedien en ’n regter gevra om die verseker dat die ooreenkoms afgedwing word.

Lees ook: Search amber heard Amber Heard oor huishoudelike geweld: ‘Jou stem is jou sterkste wapen, práát daaroor’

In die dokumente, wat People.com in die hande gekry het, beweer Amber se prokureur dat Johnny die hof se sperdatum vir die betaling gemis het, asook ander hofbevele wat betref die verdeling van persoonlike eiendom, die verskeping van besittings vanaf sy huis op ’n eiland in die Bahamas, en die oordrag van ’n Range Rover in die aktrise se naam.

Amber wil ook hê Johnny moet haar regskostes van sowat R478 000 ($35 435) dek.

Ingevolge hul egskeidingskikking moes Johnny die res van die $7 miljoen oor die volgende 12 maande oorhandig en Amber sou teen einde 2018 dus die oordrag van die geld aan die organisasies van haar keuse afhandel.

Johnny se woordvoerder het nog nie kommentaar gelewer oor die jongste verwikkelinge nie.

© Cover Media