Die video is in samewerking met #GirlGaze vervaardig, ‘n beweging wat daarop fokus om die kulturele verwagtinge en tradisionele geslagsrolle wat op dogters afgedwing word, opsy te help skuif. In die video praat Amber pront oor haar eie situasie wat onlangs opslae gemaak het rondom haar beweerde mishandeling deur Johnny Depp.

“Die etiket van ‘slagoffer’ dra swaar aan verleentheid. Maar dit gebeur met soveel vroue wat jy ken. Wanneer huishoudelike geweld agter geslote deure plaasvind met iemand vir wie jy lief is, is dit nie so maklik nie. “Iemand het aan my gesê as dit ‘n vreemdeling was wat dit aan jou gedoen het, sou jy nie eers twee keer gedink het nie.” As iemand wat hierdeur (huishoudelike geweld) gegaan het op ‘n baie openbare platform, in die openbare arena waardeur ek is, het ek ‘n unieke geleentheid om ander vroue daaraan te herinner dat dit nie so hoef te wees nie. Jy hoef nie alleen daardeur te gaan nie, jy’s nie alleen nie.”

Amber en Johnny het in Februarie 2015 sonder huweliksvoorwaardes getrou. In Mei 2016 het sy aansoek om ‘n egskeiding gedoen en genoem dat sy die slagoffer van huishoudelike geweld was tydens hul huwelik.

Die twee se smerige drie maande lange regstryd tot ’n einde gekom toe die akteur ingestem het om die R94,5 miljoen aan Amber te betaal. Sy het dadelik aangekondig sy gaan al die geld skenk aan die Los Angeles-kinderhospitaal en die American Civil Liberties Union (ACLU). En pleks van die geld aan sy eks betaal sodat sy dit aan dié twee organisasies kan oordra, het Johnny tjeks in haar naam aan hulle gestuur en gesê hy sal hulle in paaiemente van R47 miljoen afbetaal. Amber lyk besonder emosioneel in die video wanneer sy haar ondersteuners bedank. “Om aan 'n persoon by wie jy veilig voel, daarvan te vertel is die begin wanneer jy vir jouself begin keuses maak.

“As ek nie ‘n paar mense rondom my gehad het op wie ek werklik kon vertrou nie sou my lewe soveel anders gewees het.”

“Geweld teen vroue is nie beperk tot werklike fisiese geweld nie. Dis hoe ons dit verwerk en daaroor praat in die media. En dat ons verantwoordelikheid daarvoor neem vir wat werklik moet verander.”

Sy sluit haar boodskap af met: “Praat daaroor, práát daaroor. Verhef jou stem. Jou stem is die magtigste ding ooit. En ons as vrou wat saamstaan, skouer teen skouer, kan nie en sál nie langer stilbly aanvaar nie.”

- Cover

Deel jou verhaal met ons, anomiem sou jy so verkies, deur 'n e-pos aan web@huisgenoot.com te stuur. Gebruik #16Dae in die onderwerplyn.

Organisasies wat kan help

1. FAMSA (landwyd): Bel 011 975 7101, e-pos national@famsa.org.za of gaan na www.famsa.org.za vir inligting en hulp. 2. Lifeline (24-uur): 0861 322 322. 3. POWA (People Opposing Women Abuse):083 765 1235 of gaan na www.powa.co.za vir meer inligting en hulp. 4.Legal Aid South Africa: 0861 053 425 of besoek www.legal-aid.co.za vir bystand 5. Rape Crisis: 011 642 4345/ 021 447 9762. 6. SA Polisie-noodnommer: 10111