Amanda Bynes kan tot 2015 onder vrywillige sielkundige waarneming wees.

Die aktrise is in hegtenis geneem nadat sy verlede maand buite ’n vriend se huis brand gestig het. Haar prokureur het glo versoek haar hofsaak moet met tot ’n jaar en ’’n half uitgestel word; blykbaar tot sy nie meer sielkundige behandeling kry nie.

Volgens TMZ verskyn Amanda (27) se verteenwoordigers vandag (26.09.13) in ’n hof in New York in verband met ’n vorige saak. Sy het glo ’n waterpyp wat gebruik word wanneer dagga gerook word, deur haar woonstelvenster gegooi.

Die prokureur het versoek die saak moet uitgestel word tot Amanda nie meer sielkundige behandeling kry nie.

Volgens die skinderwebtuiste het die staat nie ’n sterk saak teen Amanda nie en die klag teen haar kan laat vaar word.

Amanda se toestand het glo al baie verbeter. ’n Bron sê sy is ook nie ’n dwelmverslaafde nie. “Sy het diepgesetelde woede en ly aan posttraumatiesestressteuring, wat aanleiding tot psigotiese gedrag gegee het. Sy is baie siek, maar hanteerbaar. Amanda wil werklik gesond word.”