Haar aantreklike man, George Clooney, het Sondagaand by die 72ste Golden Globes op die rooitapyt verklap dat sy haar elmboog-lengte wit handskoene self gestik het. “Sy is baie handig,” het George gespog.

Amal het ’n eenskouer Dior Haute Couture rok gedra, met die wit handskoene daarby.

Dit gaan duidelik baie goed met die pasgetroude paartjie want toe George met die Cecil B. DeMille toekenning vir prestasie vereer is, het hy tydens sy toespraak hulde aan sy vrou gebring.

“Dit maak mens nederig wanneer jy iemand kry om lief te hê. Selfs beter as jy jou hele lewe daarvoor gewag het. En as jou lewe ’n hele 53 jaar was. . . Amal, watter alchemie dit ook al was wat ons bymekaar gebring het, ek kan nie meer trots wees om jou man te wees nie.”

Kyk die toespraak hier: