Alyson Hannigan se kinders kyk nie televisie nie.

Die 40-jarige ster van How I Met Your Mother en haar man, Alexis Denisof, het twee jong dogters.

En Alyson het onthul haar dogters, Satyana (5) en Keeva (2), bring so min moontlik tyd voor die kassie deur.

“My kinders kyk nog nie baie TV nie,” het sy aan die tydskrif People gesê.

Alyson sal hulle wel in die toekoms meer TV laat kyk.

Die ster is taamlik seker haar oudste sal dit in die nabye toekoms geniet.

“Ek sal Sati dalk binnekort laat TV kyk,” het Alyson gesê. “Ons wag dat sy ons smeek. Sy sal af en toe vra, maar tot onlangs het sy nie eens geweet ons besit ’n TV nie; dit is nie iets groots nie.

“Ek dink sy het ’n hele ruk lank geglo daar word net nuus of sport uitgesaai, want dit is wat op restaurante se TV’s gespeel word.”

Alyson bieg dit was moeilik om nie in die geanimeerde fliek Frozen se gewildheid opgeraap te word nie.

Satyana kon dit dus net op een voorwaarde sien.

“Sy het dit sonder die klank gekyk,” het Alyson gesê. “Ons het gemeen as sy dit in elk geval skelmpies sou kyk, kan sy dit net sowel voor ons kyk. Sy het dus die fliek min of meer gesien!”

Alyson en Alexis, haar medester in Buffy the Vampire Slayer is in 2003 in Palm Springs, Kalifornië, getroud.

© Cover Media