Heino Schmidt, wat die rol van Altus de Bruyn al vir elf jaar vertolk, het besluit om die sepie vaarwaal te roep. Volgens Channel24 gaan hy sy ander passies soos kuns nastreef en ook vryskut akteurs- en modelwerk doen.

“Mense sê ek maak meubels, maar vir my is dit funksionele kuns,” het Heino gesê.

Volgens 7de Laan se publisiteitsbeampte Rosa-Mari Erasmus gaan hulle hom mis, maar respekteer Heino se besluit.

Ons weet egter nog nie wat dit gaan beteken vir Paula en Altus se verhouding nie . . .