Die akteurspaar Altus Theart (31) en Zetske van Pletzen (23) het twee maande gelede in hul woonstel in Westdene, Johannesburg, verloof geraak.

Die tweetjies het onlangs in Centurion groot feesgevier saam met 120 van die twee verliefdes se vriende en familie op die amptelike verlowingspartytjie.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot kuier ons saam by die partytjie en vind meer uit oor die twee se troue wat op pad is.

Hul troue vroeg volgende jaar gaan ’n intieme geleentheid wees, en daarom het hulle besluit om met hul verlowingsparty behoorlik uit te hang, verduidelik Altus.

‘‘Ek kon vir die groot vraag nie op my een knie gaan nie, want die tent is te klein,’’ skerts Altus. ‘‘Toe doen ek dit sommerso op albei knieë!"

Lees meer in die Huisgenoot van 11 Augustus 2011.

Volg Huisgenoot op Twitter.