“My buurman se kar is gesteel, maar na Barry Roux met hom klaar is twyfel hy of hy ooit ’n kar besit het,” skryf iemand op Facebook. En “Hoe keer jy dat Eskom beurtkrag in jou buurt toepas? Sê vir hulle jy ken vir Barry Roux.”

As daar een mens is wat goed gaan afkom uit die Oscar Pistorius saak, is dit Barry Roux.

Die wat elke dag die saak volg sal al weet sy kruisondervraging word gekenmerk deur geliefde frases, alles uitgespreek in ’n effense Afrikaanse aksent: “I put it to you,” en “but it cannot be,” of “can you explain to me.” Dis veral op Twitter wat Roux ’n fenomeen geword het. Daar kry jy alles onder #BarryRoux of #BarryRouxjokes. Hy is selfs die inspirasie vir ’n paar Twitter rekeninge: @NotRoux, @Barry_Roux, @RealBarryRoux en @BarryRouxLaw. Hier is ’n paar van ons gunsteling Barry Roux tweets en grappies: