5 Generasie sonder strik edit
Wat dit meer van ’n kopkrapper maak, is dat al hierdie titels deur net vier vroue (en ’n baba) van dieselfde familie beklee word.
Vyf geslagte van dieselfde familie het onlangs bymekaargekom tydens ’n familiegeleentheid op Brits.

Vyf geslagte van dieselfde familie het onlangs bymekaargekom tydens ’n familiegeleentheid op Brits.

Die matriarg, Bellie Swanepoel (87), staan heel regs. Bellie woon in Pretoria en was al die jare ’n huisvrou. Sy het ses kinders in die lewe gebring.

Haar oudste, Bettie Reynders (68), in die middel agter, woon op Brits en werk nog al die jare as ’n winkelier daar. Sy en haar man, Frikkie Els, het vyf kinders grootgemaak.

“Hoewel my stiefpa, beskou ek Frikkie as my pa,” sê Sarie Trauseld (46), heel links op die foto. Sy is die derde oudste van Bettie se kroos. Sarie werk as ’n skuldinvorderaar vir ’n voedselmaatskappy in Pretoria. Sy het twee kinders by haar man, Johan.

Sarie se oudste, Lisa Trauseld (23), werk vir dieselfde maatskappy as haar ma. Sy en haar kêrel van die afgelope ses jaar, Jacques Pretorius (22), het skaars drie weke gelede ’n babadogter ryker geword.

Hier is klein Diané Trauseld in die arms van haar ma, omring deur haar ouma, oumagrootjie en ooroumagrootjie.

Sjoe, wie van ons kan nog met so ’n foto spog?

-Petrus Malherbe