Hier volg ’n baie kort opsomming van Allister Coetzee se betrokkenheid by verskeie spanne op provinsiale en nasionale vlak.

Curriebekerreeks

1996 – Assistent-afrigter van die Oostelike Provinsie

Resultate: OP beland in die vyfde plek. Sewe spanne het aan die reeks deelgeneem.

Currie_cup_logo

1998– Spanbestuurder van die Sharks

Die Sharks eindig derde op die puntelys met nege wedstryde uit 13 gewen, een gelykop gespeel en drie verloor.

Lees ook: Bok-legendes en rugbykenners sê hul sê oor nuwe Bok-breier

1999– Spanbestuurder vir die Sharks

Die Sharks verbeter en eindig tweede met die Goue Leeus as die wenner van dié reeks. Hulle wen 10 van hul 13 wedstryde en verloor drie.

2000 Assistent-afrigter van die Sharks saam met Jake White, Super 10

Dit was ’n slegte reeks vir die Sharks wat heel onder aan die puntelys eindig nadat hulle in die stof gebyt het deur nege van die 11 wedstryde te verloor.

2000 Assistent-afrigter van die Bokke en die Springbok-A-span

Die Bokke se toer na Argentinië, Brittanje en Ierland loop nie te onaardig af nie. Hulle wen drie van die vier toetswedstryde.

Bankfinbeker

2001 – 2003 Afrigter van die Mighty Elephants (deesdae die EP Kings)

Die Mighty Elephants het die onderspit teen die Blue Bulls gedelf in die eindstryd van die Bankfinbeker wat op 20 Oktober 2000 plaasgevind het. Die telling: 41-20.

2004 – 2007 Assistent-afrigter van die Bokke

Die Bokke skop goed af met die 2004 Drie Nasies-reeks in hul sak asook die gesogte IRB internasionale span van die jaar-prys in dieselfde jaar.

Lees ook: ‘Dis waarom ek bedank het,’ onthul voormalige Bok-afrigter Heyneke Meyer

Hul vertoning in 2006 word egter as power bestempel en hulle verloor twee wedstryde teen die Wallabies. Jake White verkwalik “transformasie” vir swak spel.

Tydens die Wêreldbekertoernooi in 2007 in Frankryk wen die Bokke hul poel en stoom voort tot waar hulle Engeland 15-6 klop en as wenners uit die stryd tree.

Allister word deur talle onthou vir die rol wat hy as agterlyn-afrigter in Jake White se wenspan gespeel het. Hy beskou ook die Wêreldbeker-oorwinning as die hoogtepunt van sy loopbaan.

Superrugby

2006 Agterlyn-afrigter van die Cats (nou die Goue Leeus)

Op 8 September 2006 verander die Cats amptelik na die Goue Leeus. Ongeag die naamsverandering het dit beroerd gegaan en beland hulle tweede van onder op die puntelys.

2008 – 2015 Agterlyn-afrigter van die Stormers/Westelike Provinsie

In 2008 eindig die Stormers vierde op die ranglys. Maar in 2009 sink hulle weer geheel en al terug. In 2010 word daar veranderinge gemaak en ervare spelers word ingespan.

Hulle wen vyf uit hul eerste ses wedstryde. Gemengde resultate en ’n eindstryd teen die Bulls gee hoopvolle Stormers-aanhangers weer vertroue in hul span. Net om uitgeknikker te word in ’n wedstryd waar dit gelyk het of die Stormers glad nie opgedaag het nie.

Die wipplank-wedstrydresultate van die Stormers ontstel selfs die mees geharde ondersteuner.

In 2012 verskyn hulle weer boaan die puntelys, maar die Sharks eindig hul opmars na die eindstryd. Maar die Westelike Provinsie stel nie teleur nie.

In 2013 vind die Stormers hulself, maar net te laat om hulle uit die diepte van die verliese van die eerste helfte van die seisoen te grawe. In 2014 behaal hulle weer die 11de plek onderaan die ranglys.

Die hoop het weer hoog gevlam in 2015, maar die Brumbies het hulle voor hul geliefde tuisskare van ’n oorwinning beroof en as die wenners van die Superrugby-reeks uit die stryd getree.

Die Westelike Provinsie delf die onderspit teen die Goue Leeus in die Curriebeker-reeks van 2015.

Opsommenderwys vertel die Stormers se wedstrydstatistiek vanaf 2010 – 2015 die volgende:

Wedstryde gespeel: 93

Wedstryde verloor: 32

Wedstryde gewen: 61

65,5 persent wedstryde in geheel gewen.

Aan die einde van die 2015-seisoen het Allister sy tasse gepak en koers gekies na Japan as die Kobe Steel Kobelco Steelers se hoofafrigter.

Op 12 April 2016 word Allister Coetzee as die hoofafrigter van die Springbokke aangewys.

 

Hoe Twitter op die aankondiging reageer het

Bronne: wikipedia.com, supersport.com, superxv.com, sarugby.net

Ander stories op Huisgenoot.com

Klop só lag-lag jou hoofpyn

Gucci-advertensie verbied oor ‘ongesond maer’ model

‘Vet Vincent’ die worshond skud die kilo’s af – en jou troeteldier kan ook

102-jarige vrou stralend oor graad wat sy ontvang 60 jaar nadat sy daarmee begin het

Aantal tiere wêreldwyd styg eerste keer in ? eeu

Hulp vir deurmekaar kiesers ná adres-SMS oor munispale verkiesing