Die bevel is reeds Dinsdag uitgereik nadat ’n veldbrand buite beheer geraak het. Die brand is reeds Sondag gewaar en teen laat Maandag is sowat 2 656 hektaar reeds deur die gulsige vlamme vernietig. Verskeie huise, ’n hospitaal en ’n karavaanpark het ook in die slag gebly nadat dit Sondag ontruim is.

Verslae mense het hul aardse besittings in die vernietigende brand verloor.
Rook en vlamme veroorsaak deurgaans beperkte sig wat die ontruimingsproses bemoeilik.?
Die nuuskorrespondent Reid Fiest het Woensdag kort en kragtig getwiet: “Ons gee pad.”
Intussen het die Kanadese Rooikruis-nooddiens pleidooie gelewer vir hulp aan diegene wat deur die brand geraak is.
Justin Trudeau, die Kanadese eerste minister het ook sy simpatie uitgespreek met die gemeenskap van Fort McMurray.
Tot dusver het 80 000 inwoners reeds die gebied verlaat.?
Verskeie gemeenskappe het hul deure oopgegooi vir die slagoffers. In hierdie stadium lyk dit asof die meerderheid koers kies na Edmonton, die hoofstad van Alberta.?
Die verwagting is boonop dat die vlammehel gaan vererger. Dit mag tot twee dae neem voordat hulp van die lug- en weermag verwag kan word.?
So lyk dit vanuit die lug.

Bronne: wsj.com, cnbc.com, bbc.co.uk, rt.com, foxnews.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Dis dalk die geheim wat sal help dat jou baba vinniger leer praat

Kyk: Beeldskone Elizabeth Hurley rits rond in Afrika en deel foto’s van haar avonture!

Kyk: Bobby bult sy spiere en maak saam sus Karlien ’n verskil in behoeftige kinders se lewe

Man ry 1400 km ver om 15 bakke KFC vir sy vrou op hul vyftiende huweliksherdening te koop!