Victoria Beckham noem haar man, David, haar sakevennoot, al het hy onlangs uitgetree as die direkteur van haar moderyk.

Victoria het haar popsterverlede ontgroei toe sy haar gelyknamige modehandelsmerk in 2008 stig. En drie jaar later was dit ’n instelling by die New Yorkse Modeweek.

Berigte het in Maart vanjaar opgeduik dat David (40) stil uitgetree het as direkteur van die handelsmerk.

Maar die 41-jarige Victoria hou vol hulle is steeds ’n sterk vennootskap.

“David kom na my vertonings en David is my sakevennoot. Alles wat ons doen, doen ons saam. Ons steun mekaar regtig,” het sy glimlaggend aan #legend vertel.

Lees ook: ‘Wat ’n verligting!’: FW se skoondogter na byna ’n dekade se sukkel eindelik geskei

Uit die sakedokumente wat Radar bekom het, blyk dit David het die skuif in Desember 2014 gemaak ná ses jaar in die rol.

Ingeligtes sê die strukturele skommeling was minder oor huweliksprobleme en het eintlik te doen gehad met die verskille in hul onderskeie ondernemings.

Buiten hul gedeelde sakebelange behartig, maak die egpaar, wat al amper 17 jaar getroud is, ook vier kinders groot.

Maar werkgesprekke word hoofsaaklik uit die huis gehou sodat die twee megasterre gehaltetyd met hul gesin kan deurbring.

Lees ook: Aitsa! Kyk net hoe spoggerig lyk Leandie du Randt met haar korter hare

“Ek praat nie gewoonlik veel oor (werk) wanneer ek tuiskom nie, want ek het heeldag daaraan gewerk en daar is so baie ander goed waarvan ek op die hoogte moet kom rakende die kinders en wat hy doen. Maar hy is die beste vennoot wat enigiemand kan hê,” het sy gesê.

Victoria se gedagtes is nooit ver van die mode af nie en daar is nog baie ambisies wat sy wil vervul.

“Toe ek destyds begin, het ek ’n klein reeks noupassende rokke gehad. En dit was baie soos ek aangetrek het. Mettertyd het my silhoeëtte losser geraak,” het sy gesê, en bygevoeg: “Ek sal graag wil uitbrei na mansdrag.”

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Ma, ek was amper dood’ – Tiener oorleef wonderbaarlik nadat sy van bewegende trein afval

Kyk net wat kyk Steve se hondekinders die graagste op TV

Jong Anakin Skywalker met geestesgesondheidsprobleme gediagnoseer

Bel ons binnekort vir ET? Stephen Hawking meen beslis so