Is jy ‘n jong ma wat soms voel die lewe kry jou onder? Breek die haastige moderne lewe soms jou spoed? Dan het jy en Helena Joubert (Erica Wessels) iets in gemeen want iewers tussen haar varsity-kys, die ja-woord en twee woelwater seuntjies, het die Helena wat sy ken verdwyn.

Sy en haar man, Gustav (Louw Venter), se passievolle verhouding het plek gemaak vir ‘n permanente skietstilstand. Die eens uitgelate, ongeïnhibeerde meisie van haar jongdae is nou net tartende foto’s teen haar muur en haar joernalistieke drome het plek gemaak vir sporadiese artikels in nietige publikasies. Maar dan daag haar alter ego op en Helena druf verskeie eksentrieke avoture aan wat sy met die lesers van haar blog deel. Gaan Helena in een stuk aan die ander kant uitkom en gaan haar huwelik dit oorleef?

Alles Wat Mal Is word op 8 Augustus vrygestel. Ander spelers in die rolverdeling is Chris De Clerq, Christina Storm, Meme Ditshego, Elzette Maarschalk, Jana Strydom, Richard van der Westhuizen en Jacques Bessenger. Die draaiboek is gegrond op ‘n kortverhaal deur Deon Meyer en die regisseur was Darrell Roodt.