So ook blyk dit lekker om kussings en speelgoed in ouer babas se wiegie te sit, maar dit dra ook die risiko vir wiegiedood. Volgens dr. Rachel Moon, ’n medehoof van die Kinders se Nasionale Mediese Sentrum in Washington se afdeling algemene pediatrie en gemeenskapsgesondheid, gebeur 70 persent van wiegiedood-gevalle plaas by babas wat ’n bed deel. ’n Voorwerp, soos ’n kombers of kussing, is in ’n derde van gevalle in die baba se bed aangetref.

Jong babas kan nie hul kop of lyf beweeg om versmoring te voorkom wanneer ’n ander persoon in dieselfde bed beweeg nie, is in die studie bevind. “Die gevaarlikste voorwerpe is sagte items, soos kussings, bufferkussings en komberse,” sê dr. Moon. “Dit verhoog die risiko vir wiegiedood en is ook verwant aan toevallige versmoring. Ons stel voor net die baba moet in die wiegie wees.”

Meer oor wiegiedood

Die narkotiseur en navorser dr. Bruce Beckwith het in 1969 ná jare se navorsing met die term vorendag gekom. Die toestand veroorsaak die skielike dood van ’n baba wat andersins gesond is en is die algemeenste oorsaak van dood by babas tussen 1 week en 1 jaar oud. Manlike babas en babas met ’n lae gewig by geboorte het glo ’n groter risiko vir wiegiedood.

Studies op babas wat weer bygebring is, toon hulle kan nie hul asemhaling goed beheer nie. Tydens slaap word ’n baba se asemhaling gewoonlik vlak en ongereeld; hulle ondergaan ook pouses genaamd apnee. Apnee self is glo die algemeenste meganisme van die dood in babas, saam met vertraging van die hart, ’n gebrek aan suurstof en verlaagde bloeddruk.

Hoe jy jou baba tydens slaaptyd kan hou

  • Lê die baba van geboorte op hul rug neer, nie hul sy of maag nie.
  • Hou jou baba se gesig en kop altyd onbedek.
  • Hou die baba voor en ná geboorte weg van rook.
  • Laat jou baba die eerste ses tot 12 maande in hul eie veilige slaapplek in dieselfde vertrek as ’n volwassene slaap.
  • Borsvoed jou baba.

Wanneer jou baba ophou asemhaal

Druk eers aan jou baba om te sien of hulle reageer. Indien nie, pas kunsmatige asemhaling toe en laat iemand ’n ambulans ontbied. Pas eers twee minute kunsmatige asemhaling toe en ontbied dan ’n ambulans as jy alleen is; gaan dan voort met die asemhaling. Jy het dringend hulp nodig as jou baba se voorkop blou raak.

- Asa Sokopo

Bronne: webmd.com, health24.com, sidsandkids.org, babycenter.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.