Jy lê op jou maag op ’n opblaasband aan die bopunt van ’n reuse-waterglybaan, reg om blitsig meegevoer te word. Om jou het die verkeer tot stilstand gekom, want die´ anderste glybaan staan sowaar in die Goudstad se gewoonlik besige William Nicolrylaan. En met sy Kaapse draai word drie blokke van Constitutionstraat gesluit vir die opwindendste somerpret wat stadsjapies al beleef het. [post-slider]

Slide the City noem hulle dit, en Huisgenoot, YOU en Drum bied dit vir die eerste keer in Suid-Afrika aan, in vennootskap met Nedbank.

“Dit is die eerste keer dat ’n glyban van dié grootte na Afrika gebring word en ons is baie opgewonde daaroor om die amptelike en eksklusiewe franchisehouer vir hierdie geleenthede te wees,” sê Minette Ferreira, algemene bestuurder van Weeklikse Tydskrifte by Media24.

“Watter beter manier om dié somer pret te hê as om deur ons wonderlikste stede te gly! Slide the City het reusegroei beleef sedert dit in 2014 in Amerika begin is en ons het geen twyfel dat dit dieselfde hier in Afrika sal doen nie.

“Slide the City is ’n eiesoortige ervarving wat beslis ’n hoogtepunt op die somerkalender in elkeen van die gasheerstede sal wees. Dit bied ons ’n geleentheid om gesinne en bewoners van uiteenlopende gemeenskappe bymekaar te bring en die goed te laat gebeur wat regtig saak maak,” sê Vanessa Singh, uitvoerende hoof van kleinhandel-en-sakebankwesebemarking by Nedbank.

“Ons is verheug om om deel te wees van die baanbrekersprojek. Dit is waarlik ’n eiesoortige ervaring wat Suid-Afrika sal vermaak – veral die geesdriftiges wat die dinge wil laat gebeur wat regtig in hul lewe saakmaak. Die program bied ons ’n geleentheid om gesinne, geliefdes en bewonders van uiteenlopende gemeenskappe in die groot stede regdeur die somer bymekaar te bring,” sê Vanessa.

Slide the City ondersteun Nedbank se toewyding aan volhoubaarheid en die water wat in die tyd gebruik word, sal bewaar word in oorleg met die verskeie gasheerstede. In ooreenstemming met sy kliëntgerigte benadering sal Nedbank ’n digitale ervaring op die verskeie plekke bied om dit vir klante maklik te maak om hul banksake in ’n gerieflike en veilige omgewing te doen.

HOE WERK SLIDE THE CITY?

’n Volle drie straatblokke gaan in elk van die ses Suid-Afrikaanse stede of dorpe gesluit word om plek te maak vir die´ reusewaterglybaan.

SLIDE THE CITY IN SYFERS

  • Besoekers durf die 304 m lange glybaan – byna so lank soos drie rugbyvelde – op ’n opblaasglyband aan. Na´ sowat 45 sekondes plons jy ’n waterpoel binne.
  • Een mens kan op ’n slag met elke baan afgly, behalwe in die groepsbaan waar besoekers agter mekaar mag afgly, maar nie twee-twee langs mekaar nie.
  • 11 In soveel stukke word Slide the City vervoer.
  • 840 Soveel matrasse beskerm die baan teen die teerpad waarop dit rus.
  • 8 Die getal plekke wat Slide the City gaan besoek.
  • 45 sekondes Hoeveel sekondes dit nagenoeg duur om van bo tot onder te gly
  • 70 Soveel keer is Slide the City al aangebied.
  • 6 Soveel lande het Slide the City al besoek.

SLIM MET WATER

Dit is geen geval van kinders wat in die water mors nie...

Die organiseerders ondersteun waterbesparingsprojekte. Die glybaan is ontwerp om eko-vriendelik te wees en water word daar- deur hersirkuleer. Opgeleide tegnici is aan diens om die watervlakke te toets, en die duursame materiaal van die glybaan sorg dat dit nie maklik sal lek nie.

Wanneer Slide the City na die volgende stad vertrek, word die water wat dit gebruik het, in die gemeenskap se waterbronne teruggepomp of gebruik soos die betrokke munisipaliteit versoek.

MAAR WAT VAN DIE LANG TOUE?

Moenie bekommerd wees dat ellelange toue mense jou waterpret gaan bederf nie. Jy kan ’n kaartjie vir ’n twee uur lange sessie koop. Daarop word die tyd aangedui waarop jy die glybaan kan kom geniet, tensy jy ’n Super Slider Pass koop wat jou heeldag se toegang en onbeperkte ritte in ’n afsonderlike baan bied. Voorkom teleurstelling en koop jou kaartjie vooraf.

VIR DIE HONGER EN DIE DORS

  • As jy jou kragte na´ ’n spanningsvolle rit wil herwin, kan jy enige van die koeldrank- of kosstalletjies besoek.
  • Aandenkings soos T- hemde en pette sal te koop wees en ’n platejoggie sal sorg dat almal in ’n vrolike stemming is.
  • As jy jou kontant in die motor vergeet het, moenie bekommerd wees nie: Nedbank sorg vir kitsbanke op die terrein.

HOEVEEL KOS DIT?

  • Een rit kos R99
  • Drie ritte op die glybaan kos R250
  • Die Super slider Pass beteken jy kan heeldag lank onbeperkte ritte geniet vir net R490
  • Belangrik: Jy moet minstens 1,2 m lank wees (sowat 7 jaar oud) om saam te gly
  • Kaartjies vir Suid-Afrika se heel eerste Slide the City is van 3 September af te koop.
  • Besoek slidethecitysa.co.za vir nog inligting en Computicket om kaartjies te koop.

WANNEER EN WAAR?

  • 12-13 Des. – Port Elizabeth, plek: Baakenstraat
  • 16 Des. – Knysna, plek: Vigilancerylaan.
  • 19-20 Des. – Kaapstad, plek: Constitutionstraat.
  • 9-10 Jan. – Ballito, KZN, plek: Sugar Rush Park.
  • 16-17 Jan. – Pretoria, plek: Lenchenlaan – Centurion – hoek van Von Willich-Laan and Jeanlaan
  • 23-24 Jan. – Johannesburg, plek: William Nicolrylaan.
  • 30 - 31 Jan. - Nelspruit, plek: Mbombela-stadion: Nelspruit - Bafanastraat
  • 6-7 Feb. – Kaapstad, plek: Constitutionstraat.

slide-logo-nuut