Jong kinders en voortieners gaan halfuur lange vertonings kan geniet van Mister Maker en Ben 10 van DStv.

Ben 10

Ben 10, die gewilde karakter van Ben 10 Omniverse op Cartoon Network (DStv-kanaal 301), gaan tussen 28 Junie en 1 Julie in die multimedia-verhoogvertoning Top Secret Plumbers’ Academy verskyn. Tydens vier lewendige vertonings – onderskeidelik halftien, halfeen, halfvier en halfsewe – kan kinders die manewales van dié tekenprentheld sien, tesame met ander koel karakters, waar hulle ruimtewesens moet verslaan. Dié vertoning word aanbeveel vir kinders tussen vier en 12.

Mister Maker

Kreatiewe pret is die wagwoord by Mister Maker van CBeebies (DStv-kanaal 306), wat elke dag vier lewendige vertonings – onderskeidelik halftien, halfeen, halfvier en halfsewe – en drie vertonings op die laaste dag van die DStv Kids’ Xtravaganza (om halftien, halfeen en halfvier). Die nutsman Mister Maker is ’n wêreldwye fenomeen met ’n toegewyde aanhang mini-Makers. Hy is hope pret, bied inspirasie en werk goed met sy hande. Mister Maker vind altyd blink idees vir kuns van alles om hom – en laat voorwerpe en foto’s lewe kry. Mister Maker bewys enigeen kan kreatief wees deur te demonstreer hoe maklik dit is om kuns pret te maak.

Kaartjies

Kaartjies kos R135 en is beskikbaar by Computicket. Die draer kry twee ure toegang tot die geleentheid – een vertoning van ’n halfuur en ’n uur en ’n half in die reuse Fun Zone. Die Fun Zone het gesigverf, springkastele, ’n Lego-afdeling, speelstasies van Sony PlayStation en wonderlike ware vir kinders van winkels soos Toys R Us en Glomail. Verversings sal te koop aangebied wees. Klik hier om kaartjies te koop.

Wenner!

Nandipha Feleza is die wenner van:

  • ’n Familiepakket met vier kaartjies ter waarde van R540 vir die Mister Maker-vertoning op 3 Julie.
  • Een Mister Maker-geskenkpak ter waarde van R479,50 (met Mister Maker-goedere, insluitend ’n Mini Make-mulitpak, basiese skuimrubber-vorms, papiermakers, pendoppe en glinstermakers).

Bepalings en voorwaardes

Die kompetisie sluit 1 Julie 2014, om 13:00. Die wenner sal lukraak gekies word en gekontak word. Die keuse van die wenners is finaal en daar sal geen korrespondensie daaroor gevoer word nie. Die prysborg is verantwoordelik vir die lewering van die pryse. Deur in te skryf vir hierdie kompetisie word jy outomaties geregistreer om ons nuusbrief en ander spesiale aanbiedinge via e-pos te ontvang. Werknemers van Media24 en verwante sake-eenhede mag nie aan die kompetisie deelneem nie.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.