Ryk Neethling se swemakademie vir minderbevoorregtes en gestremdes in Pretoria is leeg gesteel, het Beeld berig.

Bespreek vir Skouspel!

“Dit is vir my baie hartseer. Mens probeer so hard om ’n verskil in jou land te maak. Dan is dit een tree vorentoe en twee tree terug,” het hy gister gesê.

Hy het gesê minstens R50 000 se goedere is gesteel by die Ryk Neethling-stigting se akademie in Garsfontein.

Hy het die projek sowat twee maande gelede op die been gebring.

“’n Groep instrukteurs leer 80 minderbevoorregtes of mense met fisieke gestremdhede weekliks daar om te swem. Dit is 40 kinders en 40 volwassenes.

“Die swemlesse dien vir diegene met fisieke gestremdhede as ’n rehabilitasieproses.”

Inbrekers het eergisteraand al die toerusting gesteel. Dit sluit in kabels wat in die water gebruik word, handdoeke, swembroeke, ’n klankstelsel en radio en selfs koffie en lekkers wat aan die kinders uitgedeel word.

Lees meer hier.

Volg Huisgenoot op Twitter.