Alle oë sal Maandag weer op die hooggeregshof in Pretoria wees wanneer die Oscar Pistorius-moordverhoor hervat.

Oscar, wat aangekla word van die moord op sy meisie Reeva Steemkamp op Valentynsdag verlede jaar, sal na alle verwagting self getuig wanneer die verdediging hul eerste getuies roep.

Die saak is tot Maandag uitgestel omdat een van die assessore in die saak siek was.

Nuuskieriges het die vorige keer toe Oscar sou getuig van so ver as Bloemfontein gereis om hom in die getuiebank te sien.

Oscar is nog nêrens gesien die afgelope week nie. Alles dui daarop dat hy nog by sy oom, Arnold Pistorius, in Waterkloof woon.