Toe ’n man ’n jong seun in Amerika nader en hom vra om saam met hom huis toe te gaan, het die seun vir die man ’n vraag gevra wat hom omtrent die skrik op die lyf gejaag het: “Wat is die wagwoord?”

Die man was so verward met die seun se reaksie dat hy onmiddellik spore gemaak het. En nou sê kenners die seun se optrede is ’n veiligheidswenk wat alle kinders moet ken, en moedig ouers aan om die boodskap te versprei. Skep ’n wagwoord vir jou en jou kind en kom ooreen dat as jy ooit iemand anders sou stuur om hulle te kom haal, dat hulle eers vir die kind die wagwoord moet gee.

Dit sal verhoed dat vreemdelinge jou kind kan oortuig dat jy hulle gestuur het om hom te kom haal.