Jonah, waarlik die rugby-wêreld se eerste globale superster, is skielik oorlede aan wat vermoed nierversaking is. Hy het vir dekades met nierprobleme gesukkel.

Hierdie probleme het ook tot sy uittrede uit professionele rugby gelei.

Jonah is vroeg gisteroggend in sy huis in Aucland, Nieu-Seeland, oorlede het sy familiewoordvoerder, John Mayhew, bevestig.

"Ek kan bevestig dat Jonah Lomu vanoggend oorlede is...dit was totaal onverwags, Jonah en sy familie het gisteraand van die Verenigde Koninkryk teruggekeer," het John aan 'n plaaslike televisiekanaal gesê voor hy in trane uitgebars het.

Die Nieu-Seelandse eerste minister, John Key, het ook sy medelye betoon: "Die hele land dink aan Jonah en sy familie."

Die reuse rugbyspeler van 1.96 m het tussen 1995 en 2002 63 wedstryde vir die All Blacks gespeel waarin hy 37 drieë gedruk het. Hy het veral bekendheid verwerf tydens die 1995 Rugbywêreldbeker in Suid-Afrika.

Hy het in 2004 'n nieroorplanting ontvang ná hy reeds 'n dekade tevore met 'n seldsame nierkwaal gediagnoseer is.

Huldeblyk aan Johah Lomu

Bron: Sport24