Heinz Winckler se vrou, Alette-Johanni, het kwaai brandwonde opgedoen nadat sy met kookwater gebrand het. Alette het vanoggend aan Huisgenoot bevestig sy en haar gesin het vandeesweek saam met vriende in Swellendam gekuier toe sy ekstra kookwater kook vir hul kinders wat moes bad.

'Die ketel het afgegly en die kookwater oor my gespat.'

“Ek het die ketel op die bad se rand neergesit om die water se temperatuur met my hand te toets. Die ketel het afgegly en die kookwater oor my gespat.”

Alette het derdegraadse brandwonde op haar regtervoet en -kuit, sowel as haar linkerhand en -boud opgedoen.

Hulle moes na die naaste hospitaal jaag, waar haar wonde behandel is.

“Ek is gelukkig nou weer by die huis, en moet net elke af en toe terug hospitaal toe dat hulle my verbande vervang.”

Sy het ook op haar Facebook-blad geskryf hoewel die wonde besonder seer is, is sy dankbaar nie een van die kinders in die omtrek het seergekry nie.

SÓ BEHANDEL JY BRANDWONDE - KLIK HIER

- Mieke Vlok