Klein baba Hayley Meyer is “so moeg en so swak”, maar sy veg nog elke dag.

“Ek bid dat U net ’n klein bietjie asem in haar liggaam sal gee, net ’n klein bietjie sodat sy nog ’n dag kan veg,” was haar ma, Nicole se gebed vanoggend.

[caption id="attachment_123018" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Hayley is vandag 10 dae oud. Elkeen van dié 10 dae was vir haar nog net ’n oorlewingstryd.

Hayley is op 25 weke gebore. Sy het net 650 g geweeg. Binne haar eerste lewensweek het sy 100 g verloor. By 550g het haar gewig gestabiliseer. Dit is net meer as ’n blok botter.

[caption id="attachment_123003" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Hayley se ouers, Nicole en Pieter. Foto: Facebook[/caption]

In Suid-Afrika word ’n fetus van minder as 26 weke wetlik nie eens as ’n mens erken nie, het Huisgenoot berig in 2012, toe Suid-Afrika se vorige kleinste baba, Allegra Lategan, haar eerste verjaardag vier.

Allegra is gebore op 22 weke. Vandag is Allegra ’n bedrywige blondekop-dogtertjie van vier en ’n half, ondanks haar gehoor en spraakprobleme.

Lees ook: Emosionele tuiskoms vir SA kleuter ná drie jaar agter tralies saam met ma

Maar op Hayley se ouers, Pieter en Nicole, wag daar nog ’n lang pad.

[caption id="attachment_123002" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Gister het die trane oor Pieter en Nicole se wange gerol oor hul klein dogtertjie. Hulle was te getraumatiseerd om self met Huisgenoot te praat.

Nicole het op haar blad A Test of Faith op Facebook geskryf sy is gebroke.

[caption id="attachment_123004" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

“Haar suiker is hoog, haar bloeddruk is hoog, en sy absorbeer nie haar kossies nie,” het Nicole geskryf.

Vanoggend het Nicole geskryf: “Haar niere moet so gou moontlik begin werk, en haar maag.”

Pieter en Nicole het Hayley eers op 14 Julie verwag. Pieter het aan Maroela Media vertel weens komplikasies het Nicole se vrugwater twee weke voor Hayley se geboorte begin lek. Hulle het dit nie agtergekom nie.

Lees ook: Doodsreuk hang in hospitaal nadat erg ontbinde lyk glo in hysbakskag gevind is

Nicole het reeds begin ontsluit teen die Vrydag voor Hayley se geboorte.

Hulle het nie besef sy is reeds besig om in kraam te gaan nie. Teen die Maandag het Nicole soveel pyn ervaar dat hulle na hul ginekoloog toe is.

[caption id="attachment_123008" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Die ginekoloog het gesê ’n noodkeisersnee moet dadelik gedoen word, want die baba het reeds gedraai en sy was reg om gebore te word.

Haar hartklop was net swak. Daardie aand om seweuur is Hayley in die Clinton-hospitaal op Alberton gebore.

Deur die oppe en affe sedert hul eersteling se geboorte, bevat elke inskrywing van Nicole en Pieter ’n gebed.

[caption id="attachment_123005" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

“Moet asseblief nie geloof verloor nie en bid saam met ons. Sy het nog nie moed opgegee nie; ons moet dus ook nie moed opgee nie. Sy leef nog en ons Koning is by haar,” het Nicole geskryf.

– Hilda van Dyk

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Alles wat ons doen, doen ons saam’ verklap Victoria Beckham oor manlief David

Aitsa! Kyk net hoe spoggerig lyk Leandie du Randt met haar korter hare

‘Wat ’n verligting!’: FW se skoondogter na byna ’n dekade se sukkel eindelik geskei

‘Ma, ek was amper dood’ – Tiener oorleef wonderbaarlik nadat sy van bewegende trein afval

Kyk net wat kyk Steve se hondekinders die graagste op TV