Dit was liefde met die intrapslag. Toe die skaam Adam, die nuwe bemarker van die Stryders-rugbyspan, die rasieleier Mieke sien, het sy brilletjie omtrent toegewasem. En ná hul eerste soen het kykers van die kykNET-reeks Getroud met Rugby geweet: Hier kom ’n ding.

Vandeesweek sien ons die laaste episode van die reeks en die liefde tussen Adam en Mieke blom.

Maar die akteurs Robbie Wessels (31) en Leandie du Randt (24) kan maar net lag oor wat alles agter die skerms gebeur het, veral die dag van daardie eerste soen.

Die bokbaard wat Robbie vir sy rol as Adam moes kweek, het ook gelol. “Dit was soos om ’n nes te soen!” vertel Leandie fronsend. “Ek was so ver van sy lippe af, want daar is net baard!”

Moenie Loren Pienaar se artikel in die Huisgenoot, 11 Oktober 2012 misloop nie.