Rebecca Gibney is absoluut versot op Adele.

[caption id="attachment_119278" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover; Twitter Foto: Cover; Twitter[/caption]

Haar gesig verhelder wanneer sy die Grammy-bekroonde sangeres se treffers oor die radio hoor, vertel haar ma, Tracy.

Die blinde 12-jarige van Belfast, Ierland, is serebraal gestremde epilepsielyer, en verlede jaar het dokters haar meegedeel dat sy net ses maande oorhet om te leef.

Toe besluit Tracy sy kan nie toelaat dat Rebecca se heldin hulle ontglip tydens haar besoek aan Belfast as deel van haar wêreldtoer nie. Die vasbeslote ma het ’n aanlyn veldtog op Change.org begin met ’n emosionele pleidooi aan die sangeres om haar dogter te besoek.

“Ek het ’n baie siek dogter wat serebraal gestrem is, aan epilepsie ly, nie kan stap of praat nie en buisvoeding ontvang, en sy’t onlangs bedlêend geword,” skryf sy. Lees ook: Wonderlike nuus vir Elizma Theron en manlief Nico “Sy luister na Adele van die oomblik dat sy soggens wakker word tot slapenstyd saans. Al wat ek vra, is dat Adele op FaceTime met Rebecca gesels of vir haar ’n videoboodskap stuur. Dit sal ’n droom wees wat bewaarheid word. Asseblief, help my om my pragtig siek dogtertjie se onthalwe.” Tot die familie se verbasing het Adele ’n uur later by hul huis in Short Strand, Belfast, opgedaag. “Ek kon dit nie glo nie; ek is in die wolke,” het Tracy aan die Belfast Telegraph gesê.

“My dogter het die persoon ontmoet wat sy so liefhet en dis iets wat my lewenslank sal bybly.” Tracy sê Adele het met Rebecca se hare gespeel en haar hand vasgehou terwyl hulle oor die Disney-animiasiefliek Frozen gesels het.

“Dit het my laat voel asof ek die beste mamma ter wêreld is, en dis iets wat ek nog nooit gevoel het nie,” het Tracy aan die BBC gesê. “Adele het ook vir my gesê ek is die beste ma op aarde.”

Lees ook: “Spioenasiebande-saak”: Vyf belangrikste dinge wat jy moet weet

Die familie het gratis kaartjies na die sangeres se konsert in ’n intieme arena in Belfast gekry.

“Dis ongelooflik. Ek sal dit nooit vergeet nie. En ek weet al sterf Rebecca, het haar droom waar geword.”

BRONNE: belfasttelegraph.co.uk, bbc.com, change.org, today.com

– Litaletu Zidepa

Ander stories op Huisgenoot.com:

“Spioenasiebande-saak”: Vyf belangrikste dinge wat jy moet weet

‘Ons kruip weg vir veiligheidspolisie,’ vertel vasgekeerde SA gesin angsbevange uit Oman

Talle diere vrek ná hul vergiftigde karkas in Krugerwildtuin vreet

Jong en gewilde sport aanbieder dagvaar vir miljoene oor naakvideo

Internet gaande oor hondjie met draadjies

Het ons bewyse van lewe daarbuite gevind?

Wonderlike nuus vir Elizma Theron en manlief Nico