Al ooit gehoor van die “volg my”-paartjie wat hul aanhangers op Instagram-foto’s die wêreld vol neem?

In 2012 het die Moskouse paartjie Moerad Osmann en sy meisie, Natalia Zacharowa, foto’s op die sosiale netwerk begin deel van hul reise in eksotiese lande. Elke foto wys hoe Natalia Moerad aan die hand neem en lei na waarheen hulle op pad is.

Hulle het intussen getrou en wittebrood gehou – en elkeen van die spesiale geleenthede is op dié unieke manier vasgelê. Volg hulle op Instagram by #Followmeto

[post-slider]