Die Switserse maatskappy ontvang daagliks tussen 60 tot ’n 100 lidmaatskapaansoeke van mense wat hul testament wil aanpas deur daarin te spesifiseer hoe hulle medies behandel wil word as hulle ernstig siek is en nie meer kan kommunikeer nie.

Sowat ’n jaar en ’n half gelede het die maatskappy tussen 30 en 60 per dag aansoeke ontvang.

Exit verskaf dodelike middels aan mense wat terminaal siek is. Die maatskappy het tans sowat 75 000 lede.

Die organisasie het verlede jaar sowat 459 mense gehelp om te sterf. Dit is 100 meer mense as die vorige jaar.

Bron: Reuters.com