Dolly Parton, wat wyd bestempel word as een van die suksesvolste country-musikante van alle tye, het reeds met haar debuutalbum, Hello, I’m Dolly in 1967 ’n blywende indruk gemaak.

Lees ook: Dolly Parton: Dit was toe net nierstene

Vandag spog sy met 45 Grammy-benoemings en meer as 100 miljoen albumverkope. Die koningin van pop, Beyoncé, is al ander vrouekunstenaar met soveel benoemings.

Dolly het ’n lang pad gekom van haar plattelandse grootwordjare aan die voorheuwels van Tennessee se Great Smokey Mountains. Met haar kenmerkende country-twang het sy ook al meer as 3 000 liedjies gekomponeer, onder meer Jolene en 9 to 5.

Lees ook: Dolly Parton: Ek lyk oes sonder grimering

Buiten vir haar musiek, bates en liefde vir plastiese chirurgie, is Dolly veral ook bekend vir haar uitgesproke sêgoed.

Byvoorbeeld in Mei 2014, voor gay huwelike oral in Amerika gewettig is, het sy teen onverdraagsaamheid uitgevaar en gesê: “Ek dink gay paartjies moet ook toegelaat word om te trou. Hulle moet ly nes heteroseksuele paartjies.”

Ons het 10 van haar beste sêgoed, oftewel “Dolly-ismes”, uitgesoek:

Oor dapperheid: “You’ll never do a whole lot unless you’re brave enough to try.”

Oor haar voorkoms: “A lot of people have said I'd have probably done better in my career if I hadn't looked so cheap and gaudy. But I dress to be comfortable for me, and you shouldn’t be blamed because you want to look pretty.”

Oor eietrots: “I don’t kiss nobody’s butt.”

Oor jou eie mens wees: “Find out who you are and do it on purpose.”

Oor al die blondine-grappies: “I’m not offended by all the dumb-blonde jokes because I know I’m not dumb . . . and I also know that I’m not blonde.”

Oor diëte: “I tried every diet in the book. I tried some that weren’t in the book. I tried eating the book. It tasted better than most of the diets.”

Oor positief bly: “The way I see it, if you want the rainbow, you gotta put up with the rain. I was born with a happy heart. I’m always looking for things to be better.”

Oor liefdesteleurstellings: “I’ll never harden my heart, but I have toughened the strings around it.”

Oor die rol van ’n vrou in ’n manswêreld: “You know, I look like a woman but I think like a man. And in this world of business, that has helped me a lot. Because by the time they think that I don’t know what’s goin’ on, I then got the money, and gone.”

Oor ouer word: “Stop this attitude that older people ain’t any good anymore! We’re as good as we ever were - if we ever were any good.”