Kaapstad. – .

Kaspersky Lab het aan Fin24 gesê Suid-Afrika was in die derde kwartaal van 2015 die 36ste op die lys van bronne van gemorspos wêreldwyd.

In die maatskappy se verslag Spam and Phishing in Q3 2015 is bevind Suid-Afrika het 0,42 persent van die globale gemorspos gegenereer. Suid-Afrikaanse gemorspos is hoofsaaklik op Jordanië, Namibië en Tajikistan gerig.

Die verslag het ook gevind die VSA, Viëtnam en China is die vernaamste drie bronne van wêreldwye gemorspos en dat hulle onderskeidelik vir 15,3 persent, 8,4 persent en 7,2 persent van advertensieposstukke verantwoordelik is.

Volgens Kaspersky het gemorspos effens van e-posverkeer gedaal tot by 54,2 persent, wat 0,8 persent laer is as die vorige kwartaal. Nuwe strategie Gemorspos, wat ’n doeltreffende afleweringsmeganisme bly vir kwaadwillige sagteware of malware, het Europeërs wat voorbereidings getref het vir die vakansie, veral geteiken, het die maatskappy bygevoeg.

"Die vrugbaarste malware was as ’n vliegtuigkaartjie of hotelbespreking vermom"

“Ons het in die derde kwartaal van 2015 gesien spammers buit die Europese vakansieseisoen en die eensames uit,” het Tatyana Shcherbakova, gemorsposontleder by Kaspersky Lab, opgemerk. Duitsland (18,47 persent), Brasilië (11,7 persent) en Rusland (7,56 persent) was die vernaamste drie lande wat deur kuberskelms geteiken is.

Spammers het ook gebruik gemaak van Trojan-Downloader.JS.Agent.hhy as die vrugbaarste malware wat as ’n vliegtuigkaartjie of hotelbespreking vermom was.

Kaspersky het bygevoeg spammers voeg vals skakels by PDF-aanhegtings in ’n poging om gemorsposfiltreerders te fnuik.

“Daar word gebruik gemaak van ’n verskeidenheid van taktieke – van die stuur van vals kennisgewings namens hotelle tot die stuur van vals skakels in PDF-aanhegtings en versoeke om geld aan eensame ‘vryers’ te stuur,” het Shcherbakova gesê.

Ten opsigte van uitvissing, ’n strategie waar kuberskelms vals webwerwe skep, het die malware Trojan-Spy.HTML.Fraud.gen sy topposisie behou as die algemeenste stuk gereedskap om inligting uit die gebruiker in gemorspos te gryp.

Bron: Fin24

Nog berigte op Fin24

Vingerafdrukke by OTMs sal misdaad verhoog

Meer boetes vir MTN in Nigerië