Met drie Suid-Afrikaners op die lys benoemdes het vlam van hoop hoog gebrand tydens die Grammy-prysaand wat op Maandag 15 Februarie in Los Angeles plaasgevind het.

Helaas het die engele nie hierdie keer vir Suid-Afrika geglimlag nie.

Wouter Kellerman (Love Language), Ladysmith Black Mambazo (Music from Inala) en die gospelsanger Neville Diedericks (How Awesome Is Our God) het op die gesogte benoemingslys verskyn wat vroeg in Desember 2015 bekendgemaak is. Hulle het egter nie op die rooi tapyt verskyn nie.

Lees ook: Modes wat die koppe laat draai by die Baftas

Tydens die glansgeleentheid was dit die eksentrieke Lady Gaga wat die kollig gesteel het met ’n huldeblyk aan David Bowie. Kendrick Lamar se optrede word ook as een van die hoogtepunte van die aand beskou, terwyl bitter min verbaas is oor die pryse wat Taylor Swift ingeoes het.

“Ek wil my aanhangers bedank vir die afgelope 10 jaar,” het Taylor gesê.

Lees ook: Nog 'n treetjie nader aan Oscars vir Leo? Sy is die eerste vrou wat twee keer bekroon is in die kategorie album van die jaar. Haar raad aan al die jong meisies daarbuite was: “Daar sal mense wees wat jou sukses probeer ondermyn of die erkenning vir wat jy bereik het vir hulself gaan toe-eien. Maar as jy op die werk fokus en nie daardie mense toelaat om jou van stryk te bring nie, sal jy eendag wanneer jy kom waar jy wil wees, weet dit is deur jou en die mense wat jou liefhet se toedoen.”

Grammy-wenners

Album van die jaar: 1989 - Taylor Swift

Beste nuwe kunstenaar: Meghan Trainor

Plaat van die jaar: Uptown Funk - Mark Ronson met Bruno Mars

Liedjie van die jaar: Thinking Out Loud - Ed Sheeran (geskryf deur Ed Sheeran & Amy Wadge)

Beste pop-solo-optrede: Thinking Out Loud - Ed Sheeran

Beste popduet/groepoptrede: Uptown Funk - Mark Ronson met Bruno Mars

Beste tradisionele popalbum: The Silver Lining: The Songs of Jerome Kern - Tony Bennett & Bill Charlap

Beste popalbum: 1989 - Taylor Swift

Beste dansopname: Where Are Ü Now - Skrillex & Diplo met Justin Bieber

Beste dans-/elektroniese album: Skrillex en Diplo Present Jack U - Skrillex & Diplo

Beste kontemporêre instrumentale album: Sylva - Snarky Puppy & Metropole Orkest

Beste rock-optrede: Don’t Wanna Fight - Alabama Shakes

Beste metal-optrede: Cirice - Ghost

Beste rockliedjie: Don’t Wanna Fight - Alabama Shakes (geskryf deur Alabama Shakes)

Beste rockalbum: Drones - Muse

Beste alternatiewemusiekalbum: Sound & Color - Alabama Shakes

Beste R&B-optrede: Earned It (Fifty Shades of Grey) - The Weeknd

Beste tradisionele R&B-optrede: Little Ghetto Boy - Lalah Hathaway

Beste R&B-liedjie: Really Love - D’Angelo and the Vanguard (geskryf deur D’Angelo & Kendra Foster)

Beste kontemporêre album: Beauty behind the Madness - The Weeknd

Beste R&B-album: Black Messiah – D’Angelo and the Vanguard

Beste rap-optrede: Alright - Kendrick Lamar

Beste rap/liedjie-samewerking: These Walls - Kendrick Lamar met Bilal, Anna Wise, en Thundercat

Beste rapliedije: Alright - Kendrick Lamar (geskryf deur Kendrick Duckworth, Mark Anthony Spears en Pharrell Williams)

Beste rap-album: To Pimp a Butterfly - Kendrick Lamar

Beste country-solo-optrede: Traveller - Chris Stapleton

Beste country-duo/groepoptrede: Girl Crush - Little Big Town

Beste countryliedjie: Girl Crush - Little Big Town (geskryf deur Hillary Lindsey, Lori McKenna en Liz Rose)

Beste country-album: Traveller - Chris Stapleton

Beste New Age-album: Grace - Paul Avgerinos

Beste geïmproviseerde-jazz-solo: Cherokee - Christian McBride

Beste jazz-album: For One to Love - Cécile McLorin Salvant

Beste instrumentale jazz-album: Past Present - John Scofield

Beste groot-jazz-ensemble-album: The Thompson Fields - Maria Schneider Orchestra

Beste Latynse-jazz-album: Made in Brazil - Eliane Elias

Best gospel-optrede/-liedjie: Wanna Be Happy? - Kirk Franklin (geskryf deur Kirk Franklin)

Beste kontemporêre Christelike musiekoptrede/liedjie: Holy Spirit - Francesca Battistelli

Beste gospel-album: Covered: Alive in Asia (Live) (Deluxe) - Israel & NewBreed

Beste Christelikemusiekalbum: This is Not a Test - Tobymac

Beste roots-gospel-album: Still Rockin’ My Soul - The Fairfield Four

Beste Latynse pop-album: A Quien Quiera Escuchar (Deluxe Edition) - Ricky Martin

Beste Latynse Rock, Urban of Alternatiewe Album: (TIE) Hasta La Raíz - Natalia Lafourcade & Dale - Pitbull

Beste Mexikaanse streekmusiekalbum: Realidades (Deluxe Edition) – Los Tigres Del Norte

Beste tropiese Latynse Album: Son de Panamá - Ruben Blades met Roberto Delgado & Orchestra

Beste Amerikaanse-oorsprong-optrede: See that My Grave is Kept Clean - Marvin Staples

Beste Amerikaanse-oorsprong-liedjie: 24 Frames - Jason Isbell

Beste Amerikaanse album: Something More than Free - Jason Isbell

Beste bluegrass-album: The Muscle Shoals Recordings - The Steeldrivers

Beste blues-album: Born to Play Guitar - Buddy Guy

Beste folk-album: Béla Fleck and Abigail Washburn - Béla Fleck en Abigail Washburn

Beste streeksoorsprongmusiekalbum: Go Go Juice - Jon Cleary

Beste reggae-album: Strictly Roots - Morgan Heritage

Beste wêreldmusiekalbum: Sings - Angelique Kidjo

Beste kinderalbum: Home - Tim Kubart

Beste gesprokewoord-album: A Full Life: Reflections at Ninety - Jimmy Carter

Beste komedie-album: Live at Madison Square Garden - Louis CK

Beste musiekteateralbum: Hamilton - Original Broadway Cast

Beste saamgestelde klankbaan vir visuele media: Glen Campbell: I’ll Be Me – Various Artists

Beste partituurklankbaan vir visuele media: Birdman - Antonio Sanchez, komponis

Beste liedjie vir visuele media: Glory - Common & John Legend

Beste instrumentale komposisie: The Afro Latin Jazz Suite - Arturo O’Farrill en The Afro Latin Jazz Orchestra met Rudresh Mahanthappa (gekomponeer deur Arturo O’Farrill)

Beste verwerking, instrumenteel of a cappella: Dance of the Sugar Plum Fairy - Pentatonix (Ben Bram, Mitch Grassi, Scott Hoying, Avi Kaplan, Kirstin Maldonado en Kevin Olusola)

Beste verwerking, instrumenteel en stemme: Sue (or in a Season of Crime) - David Bowie (verwerk deur Maria Schneider)

Beste opnamepakket: Still the King: Celebrating the Music of Bob Wills and His Texas Playboys - Asleep at the Wheel

Beste verpakte of beperkte-uitgawe-verpakking: The Rise and Fall of Paramount Records, Volume Two (1928-32) - Various Artists

Beste albumnotas: Love Has Many Faces: a Quartet, a Ballet, Waiting to be Danced - Joni Mitchell (geskryf deur Joni Mitchell)

Beste geskiedkundige album: The Basement Tapes Complete: The Bootleg Series Vol. 11 - Bob Dylan and the Band

Beste noukeurig ontwerpte album, nieklassiek: Sound & Color - Alabama Shakes

Vervaardiger van die jaar, nieklassiek: Jeff Bhasker

Beste vermengde opname, nieklassiek: Uptown Funk (Dave Audé) - Mark Ronson met Bruno Mars (vermeng deur Dave Aude)

Beste omringklankalbum: Amused to Death - Roger Waters

Beste noukeurig ontwerpte album, klassiek: Ask Your Mama - George Manahan en San Francisco-balletorkes

Vervaardiger van die jaar, klassiek: Judith Sherman

Beste orkesoptrede: Shostakovich: Under Stalin’s Shadow (Symphony No. 10) – Boston-simfonieorkes

Beste opera-opname: Ravel: L’Enfant et les Sortilèges; Shéhérazade - Saito Kinen-orkes; SKF Matsumoto-koor & SKF Matsumoto-kinderkoor

Beste kooroptrede: Rachmaninoff: All-Night Vigil - Paul Davidson, Frank Fleschner, Toby Vaughn Kidd, Bryan Pinkall, Julia Scozzafava, Bryan Taylor en Joseph Warner; Kansas City Chorale en Phoenix Chorale

Beste kamermusiek, klein ensemble-optrede: Filament - Eighth Blackbird

Beste klassieke instrumentsolo: Dutilleux: Violin Concerto, L’Arbre des Songes - Seattle Symphony

Beste klassieke solo-album: Joyce & Tony - Live from Wigmore Hall - Joyce DiDonato; Antonio Pappano

Beste klassieke samestelling: Paulus: Three Places of Enlightenment; Veil of Tears & Grand Concerto - Giancarlo Guerrero, dirigent; Tim Handley, vervaardiger

Beste kontemporêre klassieke samestelling: Paulus: Prayers & Remembrances - Eric Holtan, True Concord Voices en orkes (saamgestel deur Stephen Paulus)

Beste musiekvideo: Bad Blood - Taylor Swift met Kendrick Lamar

Beste musiekfliek: Amy - Amy Winehouse

Presidensiële verdienstelikheidstoekenning: Irving Azoff

Grammy vir lewenslange bydrae: Run-DMC, Earth, Wind & Fire, Ruth Brown, Celia Cruz, Herbie Hancock, Jefferson Airplane, Linda Ronstadt

Trustees-prys: John Cage, Fred Foster, Chris Strachwitz

MusiCares-mens van die jaar: Lionel Richie

Bronne: Cover Media, washingtonpost.com

Lees ook op Huisgenoot.com:

Musiek kan jou liefdeslewe ’n hupstoot gee

Is wolkbrood die antwoord op jou lae-koolhidraat-gebede?

Minder oefening ‘lei tot kleiner brein’

Die eenvoudige geheim om jou selfoon se batterylewe te verleng