Volgens Ernst Swart, die sepie se skakelbeampte, sal hulle einde April deel van die sepie word.

Hul insluiting kom ’n maand of twee ná dié reeks se naamsverandering: Van 17 Februarie sal dit weer as Binnelanders bekendstaan.

Elsje Stark, ’n vervaardigers, sê hulle het opgelet hoe baie kykers praat nog altyd van “Binnelanders” wanneer hulle verwys na die karakters of storie.

“Omdat die reeks in elk geval in die volksmond as Binnelanders bekendstaan, het ons in oorleg met kykNET besluit om kykers te gee wat hulle verkies.”

Naamsveranderinge is niks nuuts by dié nege jaar oue reeks nie, sê Ernst. Dit was eers bekend as Binnelanders, toe Binneland Sub Judice, daarna die huidige Binneland, en van 17 Februarie word dit weer Binnelanders.

– Christiaan Boonzaier