Die aktrise Amanda Seyfried en haar man van die laaste paar dae, Thomas Sadoski, het verlede week ’n babadogtertjie in die wêreld verwelkom.

[caption id="attachment_165915" align="aligncenter" width="600"]Foto: Getty Images Foto: Getty Images[/caption]

’n Verteenwoordiger van die aktrise, veral bekend vir haar rolle in Mamma Mia! en Les Misérables, het die nuus aan People bevestig. Amanda het ’n moeilike, maar opwindende paar weke agter die rug. Nie net het sy en Thomas ’n paar weke gelede stilletjies getrou nie, sy was ook in ’n skandaal betrokke nadat kaalfoto's van haar aanlyn uitgelek het.

A post shared by Amanda Seyfried (@mingey) on

Thomas het onlangs aan James Corden op sy laatnagkletsprogram gesê: “Ons het stilletjies getrou . . . ons het net die platteland met ’n huweliksbevestiger ingevaar, net ons tweetjies, en ons ding gedoen. Ons het ’n wonderlike dag gehad. Dit was volmaak.”

Hy het bygevoeg hy en Amanda het hul eie troubeloftes vir die intieme geleentheid geskryf. Die aktrise se hond, Finn, het dit ook bygewoon.

Naakfoto’s van die Mamma Mia!-ster saam met ’n ekskêrel het vroeër op Celeb Jihad verskyn en die ster se regspan het geëis dat dit dadelik verwyder word.

Hulle voer aan ’n derde party het die privaat foto’s onwettig verkry en sonder Amanda se toestemming op die webtuiste uitgelek.

Amanda en Thomas het hul verlowing in November aangekondig.