Kristen Stewart het Dinsdagaand aanhangers verstom toe sy met ’n superkort bottelblonde haarstyl by ’n vertoning van die fliek Personal Shopper opdaag.

Die 26-jarige aktrise het die koppe laat draai by die geleentheid in Los Angeles. Die regisseur Olivier Assayas het by haar op die rooi tapyt aangesluit.

Kristen was deftig geklee in ’n bostuk deur A.L.C. en broek deur Sally LaPointe, maar dis haar gewaagde nuwe haarstyl wat die aandag getrek het.

#PersonalShopper's #kristenstewart rocking a bad-ass buzz cut.

A post shared by Mongrel Media (@mongrelmedia) on

Dié nuwe haarstyl is glo vir haar rol in 'n nuwe fliek, Underwater, wat “fokus op ’n wetenskaplike onderwaterspan wat ná ’n aardbewing moet probeer oorleef,” berig Variety.

Kristen het klaarblyklik Dinsdagmiddag ’n draai by die salon gemaak, want op foto’s van ’n perskonferensie vir die fliek vroeër die dag is sy nog ’n brunet. Haar dramatiese transformasie is die handewerk van Bridget Brager, stilis vir bekendes.

Sy het ’n foto van Kristen by die geleentheid op haar Instagramblad gedeel en daarby geskryf: “Ons het vandag ietsie anders probeer #KristenStewart vir #PersonalShopper. Pragtige #grimering deur @jilliandempsey. Gestileer deur @taraswennen en #bridgetbragerhair #punky #perfectlyimperfect #getwhatyouwant Dankie @hairbyashlynb."

Die grimeerkunstenaar Jillian Dempsey het dieselfde foto op haar Instagramblad gedeel en geskryf: “Wat ’n verskil wat ’n dag kan maak, #kristenstewart se punk-haarstyl deur die talentvolle @bridgetbragerhair, stilis @taraswennen en grimering @jilliandempsey vir vertoning van #personalshopper.”

Hoewel die voorkoms glo vir Underwater is, het Kristen al vantevore vir Into the Gloss vertel sy wil “in een of ander stadium in my lewe” haar hare afskeer.

“As ek nie ’n aktrise was nie, sou ek beslis dinge met my hare gedoen het. Ek sou dit meer knip en kleur. Ek wil een of ander tyd alles afskeer – nie ’n mooi, meisieagtige weergawe nie, maar ’n tipiese James Dean-haarsnit,” het sy gesê.

“Ek gaan beslis my hare afskeer voor ek doodgaan. En ek gaan beslis ’n tatoe op my kop kry voor die hare teruggroei. As jy na foto’s van my op 14 of 15 kyk, kan jy nie die verskil tussen my en my broers sien nie. Ek het soos ’n seuntjie gelyk. Ek hou van uiterstes.”

#kristenstewart #kristen

A post shared by rina mehta (@rina_mehta7073) on

Kristen en Robert Pattinson was van 2008 tot 2013 die verwesenliking van ’n feëverhaal toe die liefdesvlam nie net op die skerm in Twilight helder gebrand het nie, maar ook in die werklikheid. Maar dié verhouding het gesink toe Kristen hom met Rupert Saunders, regisseur van Snow White and the Huntsman, verkul het.

© Cover Media