Amanda Seyfried en Thomas Sadoski het Sondag stilletjies getrou, het die akteur van The Newsroom onthul.

Thomas (40) het Donderdag op The Late Late Show with James Corden verskyn en James het hom toe met sy verlowing gelukgewens, waarna die akteur onthul het hy en Amanda, wat hul eersteling verwag, het in die geheim afgehaak.

Thomas het sy trouring gewys en Amanda (31) “my vrou” genoem en aan die aanbieder gesê: “Ons het stilletjies getrou . . . ons het net die platteland met ’n huweliksbevestiger ingevaar, net ons tweetjies, en ons ding gedoen. Ons het ’n wonderlike dag gehad. Dit was volmaak.”

Hy het bygevoeg dat hy en Amanda, wat hul verlowing verlede September aangekondig het, het hul eie troubeloftes vir die intieme geleentheid geskryf. Die aktrise se hond, Finn, het ook die geleentheid bygewoon. “Sy’s die persoon wat ek die meeste liefhet, bewonder en respekteer in die wêreld,” het hy oor sy nuwe vrou gesê en toe met James geskerts: “Ek weet julle ouens is hegte vriende en ek weet sy sou wou hê jy moet weet, so moenie vir enigeen anders vertel nie.” Die verrassingstroue kom nadat Amanda in ’n onderhoud met Vogue Australia gesê het sy was “nog nooit so opgewonde” om kansel toe te stap nie. Die ster van Mamma Mia! het ook aan die tydskrif gesê sy’s gewoond aan glansgeleenthede bywoon en glansryke uitrustings op die rooi tapyt dra, en wou ’n eenvoudiger voorkoms vir haar groot dag hê.

A post shared by Amanda Seyfried (@mingey) on

“Ek wil nie die middelpunt van die aandag wees nie. Ek woon fliekvertonings by en trek gedurig mooi aan . . . ek het verlede jaar die Met Gala bygewoon in ’n trourok deur Riccardo Tisci en het al ’n biljoen keer ’n bruid gespeel.”

Amanda en Thomas het in 2015 ontmoet toe hulle in die Off Broadway-toneelstuk The Way We Get By gespeel het, maar het eers ’n romantiese verhouding begin toe hulle in 2016 aan die fliek The Last Word gewerk het.

Die aktrise was tussen 2008 en 2013 in ’n aan/af verhouding met Dominic Cooper, haar medester in Mamma Mia!, en was vanaf 2013 tot 2015 in ’n verhouding met die akteur Justin Long.

Thomas en sy vrou van agt jaar, Kimberly Hope, se paadjies het in Oktober 2015 geskei.

Kaalkiekies van Amanda het vroeër die week opslae veroorsaak.

© Cover Media