[caption id="attachment_165827" align="alignnone" width="600"]Natasha Henstridge en Darius Danesh. Foto: Cover Media/WENN Natasha Henstridge en Darius Danesh. Foto: Cover Media/WENN[/caption]

Die paartjie is vier jaar gelede uitmekaar en het die egskeidingsproses begin, maar het besluit om weer te probeer om die huwelik te laat werk nadat hulle in 2016 versoen het.

Dit het egter nie gehou nie en die voormalige paartjie se paadjies gaan nou skei. Darius het bevestig hy en die aktrise van Species-faam gaan hul huwelik finaal beëindig.

“Ons is uitmekaar,” het die 36-jarige sanger Maandag op die Britse kletsprogram Loose Women gesê. “Ons is goeie vriende op die mees bittersoete en wonderlike manier,” het hy gesê.

“Ons het drie jaar gelede aansoek gedoen om ’n egskeiding. Ek het werklik bedoel wat ek gesê het; as jy voor iemand staan en sê ek gaan my lewe vir jou gee, dan bedoel jy dit. En as jy dit nie bedoel nie, moet jy wegkom. Ons het probeer om dit te laat werk, maar nou het ons paadjies geskei. Maar ons is nog vriende. Ek het ’n kans gekry om in die wonderlikste verhouding te wees; ek kon ’n stiefpa wees. Dit was ’n geskenk.”

Natasha en Darius het in 2004 ontmoet en by die San Ysidro Ranch in Santa Barbara, Kalifornië in Februariue 2011 afgehaak.

Darius het in die tyd wat die paartjie uitmekaar was, kortliks uitgegaan met Gavin Rossdale se modeldogter, Daisy Lowe, ’n jarelange vriendin.

Dis Natasha se tweede egskeiding – haar huwelik met die akteur Damian Chapa is in 1996, ’n jaar ná hul troue, beëindig.

Sy’t ook twee kinders uit ’n agt jaar lange verhouding met Liam Waite van Ghosts of Mars-faam. Die paartjie is uitmekaar kort voor sy Darius in 2004 ontmoet het.

© Cover Media