Die Franse aktrise Marion Cotillard het die lewe aan ’n dogtertjie geskenk.

Dis die Oscar-wenner en haar jarelange lewensmaat, Guillaume Canet, se tweede kind. Marion se verteenwoordiger het die nuus Donderdag bevestig.

Die paartje, het ontmoet toe hulle aan die 2003-fliek Love Me if You Dare gewerk het, en het ’n vyfjige seun, Marcel.

Die 41-jarige aktrise het in September in ’n Instagram-inskrywing die nuus van haar swangerskap gedeel waarin sy haar lewensmaat van 10 jaar geprys het.

“Ek het baie jare gelede die man in my lewe, die pa van ons seun en die baba wat ek verwag, ontmoet. Hy is my liefde, my beste vriende, die enigste een wat ek benodig.”

Met die aankondiging van die swangerskap het Marion ook gerugte afgemaak dat sy verantwoordelik was vir die einde van Brad Pitt, haar medester in die fliek Allied, se huwelik aan Angelina Jolie.

Daar is gegis dat Angelina ongelukkig was met haar man se verhouding met Marion, wat sy vrou in die oorlogsfliek speel.

“Ek lewe nie gewoonlik kommentaar op sulke dinge nie en ek neem dit ook nie ernstig op nie, maar die situasie raak buite beheer en beïnvloed mense wat ek liefhet, en daarom moet ek iets sê. Ek hoop dat Angelina en Brad, vir wie ek albei hope respek het, sal vrede in hierdie onstuimige tyd vind.”

© Cover Media