Die Amerikaanse aktrise en aktivis Daryl Hannah is Dinsdagmiddag deur die Washington-polisie voor die Withuis in hegtenis geneem ná ’n vreedsame betoging teen ’n beplande oliepypleiding.

Hannah en sowat tien ander aktiviste het op die sypaadjie voor die Withuis kruisbeen gesit in stille protes, het Die Burger berig.

Sy is onder luide toejuiging deur die polisie geboei nadat sy geweier het om op te staan. Sy het ’n boete van sowat R707 betaal en is vrygelaat.

Die groep het betoog teen die Keystone XL-oliepypleiding wat volgens beplanning deur verskeie Amerikaanse state van Kanada na die Golf van Mexiko sal loop.

Klik hier om meer te lees.

Volg Huisgenoot op Twitter.