Maar dit is blykbaar nog erger om aan die program te werk. Die grillerige tonele het die rolverdeling en span agter die skerms so geraak dat party vegetariërs geword het.

Norman Reedus (45), wat Daryl Dixon speel, het gesê die program het veroorsaak dat hy sy eetgewoontes verander. “Ek het ’n vegetariër geword en dit maak my nogal ongelukkig,” het hy aan ’n Britse radiostasie gesê.

En hy is nie al een nie: ’n Bron het aan die Britse koerant Daily Star Sunday gesê sowat vier vyfdes van die kos wat op die stel voorgesit word, is vegetaries, want mense is geneig om rooivleis en hoender te vermy, veral nadat hulle ’n grillerige toneel geskiet het.

Die vyfde seisoen van die gewilde reeks het verlede week in Suid-Afrika op DStv begin wys.

- Petro-Anne Vlok

Bronne: dailystar.co.uk, guiltypleasures.co.uk, dailymail.co.uk