Talle van die pakkies was gemerk “Ace of Spaces” of “Ace of Hearts”, wat volgens dwelmgebruikers beteken die heroïen is gemeng met die sterk pynmiddel fentanyl.

Die polisie is nog in die akteur se woonstel in Greenwich Village, New York, en ’n lykskouing is gister uitgevoer om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Ander items waarop beslag gelê is, is ’n gebrande lepel en vyf verskillende medikasies. Die polisie vermoed die ster van die fliek Capote het nie voorskrifte daarvoor gehad nie.

David Bar Katz, ’n vriend van Philip, het Sondag omstreeks kwart oor 11 op sy bewustelose liggaam afgekom en hulp ontbied. David het gaan kyk waar die akteur is nadat hy nie sy kinders, Tallulah (7), Cooper (10) en Willa (5), gaan oplaai het nie.

Sy kinders woon daar naby in ’n woonstel wat sowat R111 000 per maand kos en wat hy gehuur het saam met hul ma en sy vervreemde lewensmaat, Mimi O’Donell.