En nie sommer enige supermodel nie.

Sy smeulende Belinde Schreuder (21) het weggestap met die kroon by die jaarlikse World Supermodel-kompetisie (South Pacific) in Macau, China.

“Daar wen Belinde so pas World Super Model 2017 in Macau China!

“Ek is ’n trotse man,” het Devon 27 Mei op sy Facebook geskryf.

Dié gesogte kompetisie vind al sedert 1981 plaas en oor die 50 lande ding mee om die titel.

Belinde is die eerste Suid-Afrikaner wat met die titel wegstap.

“Dit voel steeds onwerklik,” het Belinde op 28 Mei op haar Facebook-blad geskryf.

“Gisteraand het my lewe vir altyd verander.

“Dankie, my liefie Devon, vir al jou hulp, laatnag-stemboodskappe en snaakse oomblikke.

“Dankie dat jy my altyd druk om ’n beter mens te wees as wat ek gister was en dat jy altyd daar is vir my.

“Ek is so gelukkig om jou as my kêrel te hê.”