Die aap was uit die mou toe Dwayne “The Rock” Johnson ’n foto van hom en die blonde bom op die stel op Instagram deel.

A photo posted by therock (@therock) on

In die foto pryk Pamela (48) in ’n gewaagde wit baadjie wat haar bekende bates beklemtoon terwyl die voormalige stoeier haar omhels.

Lees ook: Charlize Theron maak haar stem dik oor gelyke betaling in die bedryf

Sy is een van die mees ikoniese karakters van ’n generasie, meen Dwayne.

“Dis ’n plesier om Pamela Anderson (steeds so mooi soos altyd) by ons Baywatch-rolverdeling te verwelkom. Ons kon nie hierdie film sonder jou maak nie. Welkom tuis. Bly jy het dit by ons geniet!”

Pam het in 1992 haar debuut op Baywatch gemaak en tot in 1997 die rol van CJ vertolk.

Lees ook: Eerste voorsmakie van gewilde Jay en Lianie se prettige nuwe musiekvideo

Die model en aktrise Kelly Rohrbach speel CJ in die fliek.

Ander bekendes wys ook gesig. Die High School Musical-ster Zac Efron speel Matt Brody en die Indiese aktrise Priyanka Chopra van Quantico-faam speel Victoria Leeds. En Dwayne? Hy is die nuwe David Hasselhoff (Mitch)!

Die fliek gaan na verwagting in Mei volgende jaar in rolprentteaters begin draai.

BRONNE: INSTAGRAM, DAILYMAIL.CO.UK, ETONLINE.COM

Ander stories op Huisgenoot.com:

Ontmoet al die koninklike kleinkinders op die foto wat vir die koningin 90ste verjaardag geneem is

Vreugde, moed en eindelik trane – alles binne ’n lewe van net ’n paar uur

Kyk: Regardt van den Bergh gesels oor sy nuwe Afrikaanse fliek Uitvlucht

Ma pleit om hulp vir siek dogter: ‘Dokters het nie meer antwoorde nie’