Die Bravo!-aanbieder Tracey Lange het Sondag ’n foto van ’n massiewe vyfkaraat-diamantring op haar Instagram-blad gedeel – en nogal op dáárdie vinger!

“Ek het ja gesê!” skryf Tracey by die foto waar sy ’n glasie sjampanje vashou.

Maar moenie te gou julle gelukwensings vir Tracey en haar kêrel Avukile Mabombo stuur nie. Ons moes self fyn tussen die lyne met hierdie spesifieke foto lees voor ons snuf in die neus gekry het.

In die hutsmerke los sy die leidrade. “#WhoWouldntSayYesToChampagne”, “#TheDiamantIsNotMine” en “#JustTryingItOn” was onder die hutsmerke wat sy by die inskrywing gedeel het. “Ja nee kyk ek sou defs ook ja sê vir daai knoets! [sic]” skryf die sangeres Leah by die foto. “Jy het ons lekker uitgevang,” skryf ’n ene Deon Burger. Tracey het nie lank gevat om die aap uit die mou te laat nie. “Ek kon dit nie help nie – dit was net te wonderlik ’n geleentheid @burgerdeon Solank ek almal ’n bietjie kon laat lag [sic],” verklap sy.

A photo posted by Tracey Lange (@traceylange) on

Dit wil voorkom of Tracey ’n vergadering by Shimansky Juweliere gehad het waar sy dié ring aangepas het.

Ja toe, Tracey! Jy het ons ook uitgevang, maar dalk is ’n verlowing vir Tracey en Avukile gouer op pad as wat ons dink. . .